<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Swemmers van formaat

 
Sport : 06 Dec 2015 188 Viewed By NoordNuus reporter 0

TZANEEN – Verskeie swemklubs het verlede naweek aan die Limpopo Swemkampioenskappe gaan deelneem wat by die munisipale swembad in Tzaneen gehou is.
TUKS Mokopane het as deel van die Limpopo TUKS span aan die kampioenskappe deelgeneem sowel as ses ander swemklubs, insluitend die Eagar Aquatics, Shamu, Ellisras Aquatics, Tzaneen Amateur swemklub en die Penguins.  
Limpopo TUKS is as die algehele wenspan aangewys tydens die byeenkoms. Die TUKS seuns wen vir die tweede agtereenvolgende jaar die trofee vir die Beste Seuns Span terwyl die dogters met ‘n tweede plek beloon is. Eagar Aquatics se dogters wen die trofee vir die Beste Dogters Span.
Swemmers van TUKS Mokopane wat medaljes losgeswem het is:Bernice Laboff (drie goud, vier silwer, drie brons), Franco Botha (twee silwer, twee brons), Heinrich Strydom (twee silwer), Mighael Albers (twee brons), Jurinda van Schalkwyk (brons), Morne van der Bank (brons), Lianke du Toit (silwer), Karla Vogel (brons) en Raymond Kockott (brons). Laboff se individuele punte het haar algeheel vyfde geplaas van die dogters tydens die kampioenskap, Franco Botha het ‘n vyfde plek en Heinrich Strydom ‘n tiende plek behaal. Gesamentlike punte vir seuns en dogters het Bernice Laboff ‘n agtste plek ingepalm.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube