<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Duiweklub kroon sy bestes

 

Die Sportman Amateur Posduifklub (SAP) se klubkampioen is Johan van Zyl. Op die foto is hy saam met die trofeë wat sy duiwe vanjaar vir hom verower het.

Sport : 06 Dec 2015 218 Viewed By Melt van der Spuy 0

MOKOPANE - Met die prysuitdeling van die plaaslike Sportman Amateur Posduifklub (SAP) is Johan van Zyl as vanjaar se klubkampioen gekroon.
Die klub kompeteer ook op streekbasis teen ’n klub op Polokwane en Johan van Zyl is ook as streekkampioen aangewys. Hy het in die klub ’n puntetotaal van 625 punte ingesamel. In die streek is sy wentotaal 1,617 punte.
Tweede in die klub en streek is Tiaan Marais, verlede jaar se klub- en streekkampioen. Hy het in die klub 619 punte behaal en in die streek 1,578.
Agt lede van SAP het aan vanjaar se wedvlugte deelgeneem. Nie al die lede het egter die seisoen voltooi nie. In die klub is die res van die puntestand na Johan en Tiaan, Barend van Biljon – 518, Fanie Viljoen – 383, Louis Rossouw – 357, Engelbrecht Hokke – 168, Hannes en WJ Bronkhorst – 22, Van Rooyen Hokke – 11.
SAP is deel van ’n groter unie. Dit is die Ysterberg Spesialiste Combine en sluit onder meer klubs op Bela-Bela, Groblersdal en Lydenburg in.
Die klub het in totaal aan 36 vlugte deelgeneem Die eerste twee was net vir jongduiwe en met die twee vlugte is net op klubvlak gekompeteer. Die vlugte is onderskeidelik deur Tiaan Marais en Louis Rossouw gewen.
In die 34 oorblywende vlugte is op streek- en combinevlak gekompeteer. Van hierdie 34 vlugte het Tiaan Marais 12 gewen. Johan van Zyl se duiwe was in 11 vlugte eerste, Fanie Viljoen spog met 8 wenners en Barend van Biljon met 3.
Die trofeë wat die lede gewen het, is:
Johan van Zyl – Wenner van die jongduifreeks, meeste punte in jaaroudreeks, duif met meeste punte in opereeks, hoogste gemiddelde spoed in mannetjie-en wyfiekampioenskappe, wenner van die Richmond 1 vlug, Derbywenner, wenner van die Keurvlug,  wenner van wyfiekampioenskap, wenner van die nominasiekampioenskap, middelpadkampioen, wenner van die meeste klassieke vlugte, lid met die meeste punte in die combine en klubkampioen.
Tiaan Marais – Lid met die meeste punte in die opereeks, jaaroudduif met die meeste punte, duif met algeheel die meeste punte, wenner van ‘n wedvlug oor 800km of verder met die laagste wenspoed, wenner van die Colesbergvlug, wenner van die Richmond 2 vlug, wenner van die Britstownvlug, wenner van die jaaroudkampioenskap, wenner van die tweejaaroudkampioenskap, wenner van die enige ouderdomkampioenskap, kortpadkampioen  en langpadkampioen.
Fanie Viljoen – wenner van die mannetjiekampioenskap.
Hannes Bronkhorst – positiefste nuweling.
WJ Bronkhorst – moedigste beginner.
Beste sportmangees – Jacques en Josef Stähnke en Bianca Goosen.

 

 

 
 

Lede van die Sportman Amateur Posduifklub (SAP) wat met die klub se prysuitdeling trofeë ontvang het. Van links staan Josef Stähnke, Johan van Zyl, Jacques Stähnke met Bianca Goosen voor hom, Fanie Viljoen, Tiaan Marais en Hannes Bronkhorst met WJ Bronkhorst voor hom.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube