<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
Verkies tot Limpopo rolbalspan

MOKOPANE – Drie lede van die Potgietersrus Rolbalklub is hierdie week in die Limpopo senior rolbalspan opgeneem. Hanlie Coetzee , Lida Steele en James Steele sal in April aan die Interdistrik-rolbalkompetisie in Johannesburg vir Limpopo meeding saam as deel van 20 spanne van regoor die land. Lida het reeds vyf keer vir die Limpopo span gespeel en Hanlie vier keer. Hierdie is James se eerste verkiesing tot die span wat slegs agt mans en agt vrouens insluit (wat in spanne van vier meeding).  James speel reeds agt jaar rolbal, terwyl Lida en Hanlie reeds meer as 15 jaar ondervinding het. “Dit is ’n sport vir oud en jonk en ons moedig enige iemand wat belangstel om saam te kom speel op Woensdae en Saterdae,” sê Lida. Vir inligting oor die Potgietersrus Rolbalklub, skakel gerus vir Urma by 082 898 2686.

Sport : 17 Dec 2015 367 Viewed By Helena Raats 0

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
Facebook Twitter Youtube