<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Eerste sweetdruppels tap HPP atlete af

 
Sport : 21 Jan 2016 167 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Die eerste sweetdruppels het Dinsdag vir atlete van Hoërskool Piet Potgieter (HPP) begin tap by die skool se interhuis atletiekbyeenkoms. Die adrenalien het behoorlik gepomp  en elke atleet het hul staal gewys en mekaar goed in die onderskeie items opgekeil.
Gunstelinge is fyn dopgehou en nuwe talent het ook die koppe laat draai. Top atlete by die byeenkoms was onder meer Lachelle de Beer (junior victrix ludorum), William Mohlaloga (junior victor ludorum, Michelle Duvenage (senior victrix ludorum) en CG Kruger (senior victor ludorum).
Nuwe rekords wat opgestel is, is soos volg:
Luzaan Taljaard klop die ou gewigstoot rekord vir meisies o/16 met 3 sentimeters. Sy het 12.12m ver gestoot teenoor die ou rekord van 12.09m.
Mirieck Griessel se gewigstoot rekord vir dogters o/19 is 10.90m. Die ou rekord van 2005 is 10.10m.
Marnus Uys stel ‘n nuwe rekord op vir 100m seuns o/19 toe hy Freek de Haan se rekord van 2004 met 0.1 sekonde geklop het.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube