-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Potgietersrus Rugby Klub het spelers van die klub vereer tydens ‘n prys-uitdelingsfunksie en borge aand wat gevolg het op ‘n rugbydag verlede week.
Tydens die geleentheid is daar ook dank betuig teenoor individue en borge wat by die klub betrokke is en wat die klub na aan die hart lê. Die volgende persone is uitgesonder:
Francois en Janet Duvenhage, Derick en Jenandré Jordaan van MicroMatica wat die klub die afgelope paar jaar op die hande gedra en van dit ‘n groot sukses gemaak het.
Die klub het al hulle borge vir 2016 ook bedank vir hulle ondersteuning. “Ons dank gaan ook uit na Hoërskool Piet Potgieter, die hoof (Cas Badenhorst) en sy personeel vir die ondersteuning en helpende hand tot Potties Rugby Klub.
Die volgende spelers toekennings is oorhandig tydens die funksie:
Die Beste voorspeler vir 2015 is Oliver Moorcraft. Die Beste agterspeler vir 2015 is Jan Vorster. Die beste algehele speler vir 2015 is Hans du Plessis.
Die meeste drieë vir 2015 is toegeken aan Hans du Plessis, Anthony Hawken, Leslie Ventom en Oliver Morcraft. Anthony Hawken het ook erkenning gekry as die speler met die meeste punte vir 2015.
Die klub afrigter, SJ Jonker het die klub geprys vir sy wen tradisie en verwys na die spelers se tuis vriendskaplike wedstryd van verlede Saterdag teen Warmbad Rugby Klub waar Potties stof in sy opponent se oë geskop het met ’n indrukwekkende 39-12 wen.
0 Comments