<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rolbalgogga byt agt-jarige

 
Sport : 31 Mar 2016 72 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – “Rolbal is g’n net vir oumense bedoel nie! Die spel is vir almal.”
Só het Adri Kemp, ‘n aktiewe lid van die Potgietersrus Rolbalklub, Maandag aan Noordelike Nuus gesê terwyl sy ook trots gespog het met na haar kleinseun, SJ Kemp (8), wat onlangs sy talent vir die spel ontdek het. Dié jong knapie het ook ‘n meesterrolbal afrigter, Ellie van Coller, beïndruk met sy natuurlike vernuf.
Kemp het onlangs vir SJ ‘n junior rolbalstel aangeskaf en van daar, sê sy, was dit neusie verby. “Sy liggaamshouding, postuur en glinster in die oë, van sy eerste kennismaking met ‘n rolbal spreek vanself,” sê sy ouma baie trots.
Haar en mede klublede se wens is egter dat meer mense betrokke raak by rolbal. “Rolbal is vir almal. Die spel word vir een of ander rede geassosieer met senior burgers, maar min mense besef hoeveel strem dit op jou liggaam plaas,” verduidelik sy. 
Klublede nooi jonk en oud uit wat so-siaal wil verkeer of daarin belangstel om die sport te beoefen, om Woensdae (en binnekort op Saterdae) om 14:30 by hulle aan te sluit by die rolbalbaan by die sportterrein naby die Kameeldoring Gholfklub.
Vir meer besonderhede kan die klub se voorsitter, Dewald de Beer, gekontak word by 081 384 2469.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube