-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Atlete van die Potgietersrus Atletiekklub het verlede Saterdag die moordende Old Mutual Two Oceans Marathon aangedurf en behoorlik hulle langasems op die proef gestel.
Khatija Essack, Aubrey Baloyi, Sarie Coetzee en Estelle Geerkens het ’n dag voor die groot dag aan die 5.6km pretdraf deelgeneem. Farhana Seedat het die 12km roete aangepak en haar goed van haar taak gekwyt.
Die volgende Mokopane atlete het Saterdag die 21.1km aangepak en die volgende tye behaal: Elsje Swanepoel se tyd is 02:12 minute gevolg deur Andrea Ferreira met 02:20 minute en Daleen van Zyl met 02:22 minute. Christiaan Swanepoel haal die eindstreep in ’n tyd van 02:25 minute en Neil Kruger voltooi die afstand in 03:08 minute.
Die 56km is suksesvol voltooi deur die volgende atlete:
Estelle Geerkens hardloop oor die eindstreep in ’n tydsduur van 05:13 minute gevolg deur Annemarie Kruger se tyd van 05:58 minute. Johannes Molokomme se tyd is 06:07:38 sekondes en Aubrey Baloyi druk deur in 06:16 minute. Sarie Coetzee voltooi die marathon in 06:20 en Khatijah Essack se tyd is 06:34. Cecilia Ferreira haal die eindstreep in ’n tyd van 06:39.
Tye is verskaf deur Race Tec en is “gun to mat” gemeet.
0 Comments