-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE – Die drie verdagtes wat vroeër vanjaar in hegtenis geneem is vir die aanval op die bejaarde Muller egpaar in die Crecy area, het verlede Donderdag in die Mokopane streekhof onskuldig gepleit op vier aanklagte teen hulle.
Kululeko Freedom Shongwe (38) van Ermelo, Albert Matwasa (47) van Mosambiek en Mooiman Jabulani Mahlanu (32) van
Mabopane staan onder meer tereg op aanklagte van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
Die mans word daarvan beskuldig dat hulle vir Nico en Annetjie Muller op 10 Januarie by hulle plaaswoning tussen Mookgophong en Roedtan aangeval, aangerand en geroof het. Annetjie is na die aanval in die hospitaal opgeneem vir ribbeserings wat sy opgedoen het. ’n Span bestaande uit spoorsnyers, polisielede en boere in die omgewing het na die aanval, kragte saam-gespan en die verdagtes enkele kilometers van die plaashuis af vasgetrek.
Die beskuldigdes se verhoordatum is vasgestel vir 8 en 9 Junie.
0 Comments