<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Boerevereniging swaai gholfstokke

 

Die Nyl Boerevereniging voorsitter, Pieter Boshoff deel in die trots van Caltex The Ranch se span wat met die louere weggestap het by die Nyl Boerevereniging se gholfdag verlede Saterdag. Hulle is Tony Hawken, Jan de Beer, Jackie van Wyk en Boeta Smit.

Sport : 04 Jul 2016 293 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Die Nyl Boerevereniging (BV) se 11de gholfdag by die Kameeldoring Buiteklub verlede Saterdag was soos elke jaar ‘n reuse sukses. Spelers het mekaar van 10:00 behoorlik opgekeil om uiteindelik die trofee in te palm.
Die trofee behoort vanjaar aan Caltex The Ranch se span. Dié span se vierbal bestaan uit Jan de Beer, Jackie van Wyk, Boeta Smit en Tony Hawken. Hulle het 99 punte aangeteken. In die tweede plek met 96 punte vir ‘n uittel was die span van Bosveld Elektries bestaande uit Wynand Welgemoed, SW Bruwer, Schalk Bruwer en Gerrit Fouché. Die span van Garrun was derde, ook met 96 punte vir ‘n uittel. Hulle is Hendrik de Swardt, Frikkie van der Wath, Cameron Nesmith en Martin Prinsloo.
Naaste aan die pen op putjie 3 was M. Scherman. Naaste aan die pen op putjie 8 was Jackie van Wyk. Naaste aan die pen op putjie 8 was Nico Myburgh en naaste aan die pen op putjie 17 was SW Bruwer. 
Die organiseerders het hul dank uitgespreek teenoor elke borg wat hulle op dié dag ondersteun het.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube