<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Tree op teen rondloperbeeste

 

Drie groot beeste is Maandag in een van Chroompark se woongebiede afgeneem. Een het selfs begin vreet aan ’n inwoner se rose.​

Sport : 11 Jul 2016 426 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Inwoners van die dorp sê hulle is keelvol vir rondloperbeeste wat in woongebiede wei. Baie inwoners wend hulle tot sosiale media om hul misnoeë uit te spreek en voel sterk dat daar strenger opgetree moet word om eienaars van dié beeste te vervolg. 
Verskeie ongelukke is al veroorsaak deur beeste wat in die dorp se strate loop en die plaaslike Dierebeskermingsvereniging (DBV) sê hulle moes al talle kere dié beeste verwyder. “Wanneer die eienaars van die beeste gesoek word as hulle beeste in die woongebiede is en die verkeer belemmer, is hulle nêrens te vinde nie. Tog maak hulle vinnig hulle verskyning wanneer hulle beeste by die DBV opeindig,” sê Marcelle Maritz, bestuurder van die Percy Fyfe DBV. Sy sê dat die gemeenskap dikwels verwag dat die DBV die beeste bloot moet oplaai wanneer hulle rondloop.
“Dit is egter nie so eenvoudig nie,” sê sy en verduidelik dat die verkeersdepartement betrokke moet wees en dat dit soms ure duur om die groot diere op ’n bakkie of waentjie te laai. Sy sê al wat die DBV kan doen in meeste gevalle is om die beeste uit die pad uit aan te jaag.
Daar is selfs mense wat dreig en sê hulle gaan die beeste slag, want hulle hoort nie in die woonbuurte nie. Die verkeersdepartement moes ook al ’n paar keer die DBV ontbied wanneer beeste ’n gevaar vir motoriste inhou.
Nog ’n inwoner van Pretoriusstraat voeg by dat sy gereeld sien hoe die beeste voor die huise aan die gemors in die swart sakke wat weekliks uitgesit word, vreet. 

 

 

 
 

Die beeste smul aan die lang gras langs ’n huis in die woongebied.  

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube