<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Potties stoeier is kampioen

 

MOKOPANE – Marie Oosthuizen is ’n stoeier van die Potgietersrus Stoeiklub wat geen bekendstelling nodig het nie. Dié kranige stoeier wat eintlik ’n junior stoeier is het vanaf 3 tot 4 Junie die SA senior stoei kampioenskappe aangedurf en met die louere weggestap as die SA kampioen in haar gewig afdeling. 

Sport : 22 Jul 2016 1137 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Marie Oosthuizen is ’n stoeier van die Potgietersrus Stoeiklub wat geen bekendstelling nodig het nie. Dié kranige stoeier wat eintlik ’n junior stoeier is het vanaf 3 tot 4 Junie die SA senior stoei kampioenskappe aangedurf en met die louere weggestap as die SA kampioen in haar gewig afdeling.

Oosthuizen het na dese haar eerste SA senior stoei titel agter haar naam terwyl sy ook reeds met 11 SA junior titels sedert sy 13 jaar oud was spog. Haar 11de junior titel het sy by die onlangse SA junior stoei kampioenskappe by die Wembley Stadion in Gauteng verower.

In die senior kampioenskappe het sy haar teenstander van Noord-Gauteng in die semi finale rondte binne die eerste minuut geklop. In die finale rondte teen Vaaldriehoek (Sedibeng) het sy ook binne enkele oomblikke van die kragmeting haarself as die wenner bewys.

Marie word deur Japie Snyders afgerig. Sy beoog om haar prestasie tot ’n volgende vlak te neem deur in 2018 aan die Statebondspele deel te neem en indien sy hier sukses behaal mik sy vir olimpiese deelname. 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube