<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

EHS is Limpopo wenners

 
Sport : 27 Jul 2016 355 Viewed By Fransa de Beer 0

POLOKWANE - Ellisras Hoërskool (EHS) het amok gesaai op Hoërskool Tom Naude se bane tydens die Limpopo rugby finale verlede Saterdag.
Die o/16’s het vir die derde jaar in ‘n ry die Limpopo finaal gewen toe hulle Hoërskool Louis Trichardt met 34-19 platgetrek het. 'n Fees van drieë word gedruk deur Gerrie Blom, Dorian Jooste, Hannes Pretorius en Marco de Beer. Steyn van Staden slaag in al die doelskoppe en twee strafskoppe. Die afrigters, Eddie Elmes en Fanus du Plessis is besonder trots op hierdie prestasie wat 'n eerste in die geskiednis van EHS/
Die Rassies se o/14's wen Hoërskool Merensky met 16-5 en drieë word gedruk deur JP van Staden en Tiaan Malan. terwyl Ruan Basson die skopwerk gedoen het. Afrigters Rohan Besseling en Rudolph Fourie is verheug oor die manne se sukses.
Hierdie twee spanne ontvang trofeë as trotse Limpopo wenners.
Saterdag 30 Julie volg die eerste van vier uitspeel wedstryde vir die Beeld trofee. Die o/16’s speel in Brakpan teen Hoërskool Stofberg en die o/14's speel teen Hoërskool Brandwag in Benoni.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube