<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Medaljes al die pad van New York!

 
Sport : 08 Aug 2016 217 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Vyf dansers van Z’s Dance Studio se droom is bewaarheid nadat hulle vanaf 7 Julie tot 24 Julie aan die American Dance Awards National Championship in New York deelgeneem het. Hulle het sewe high silwer medaljes opgeraap. Nicolene Smit, Marissa Kleynhans, Loren Fortune, Theressa Oosthuizen en Lara Forssman het die dansvloer trots aangedurf en aan verskillende kategorieë deelgeneem.

Tagtig Suid Afrikaners het die land verteenwoordig by die kampioenskap wat by die Sheraton Hotel in New York plaasgevind het. ‘n Allemintige 8 000 dans items is uitgevoer. Dans afrigter Zané de Wet het elkeen bedank vir hul bystand en ondersteuning. Die dansers van links, Nicolene Smit - Hip Hop Solo (high silwer), Marissa Kleynhans – Jazz Duet (high silwer), Loren Fortune – Hip Hop Solo en Jazz Duet (2 high silwer), Theressa Oosthuizen – Open solo (high silwer), Lara Forssman – Open Solo (high silwer).

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube