-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE – Die jaarlikse @Sold gholfdag het alle verwagtinge oortref toe ongeveer 160 ywerige gholfspelers verlede Saterdag Mogol klub se gholfbane aangedurf het.
“Die dag was ‘n groot sukses en ek was veral beïndruk met die goeie opvoering wat Steve Hofmeyr na die dag se gholf toernooi aangebied is,” het Arona Rossouw, eienaar van @Sold, gesê.
Johan Nel en Ivan Smith het met hul eerste plek ‘n heerlike wegbreek na Sun City gewen, terwyl Robert Barnard en Marcus Schreuder lugversorgers gewen het met hul tweede plek. Natie Pretorius en Ruan Besseling kom derde en wen braaiers; Danie Eloff en Riaan de Lange wen koelbokse met hul vier-de plek, Engela Nel en Martin Nel kom vyfde en wen ‘n kragopwekker; Shane Pienaar en Alwyn Vermeulen wen ‘n hoëdruk- spuit; Loy Loubser en Johan du Plessis wen ‘n kurktrekker en Supa Quick koopbewys; Riaan Nel en AW Besseling wen ‘n Cape Union Mart koopbewys; en Eddie Jacobs Jnr en Thebe Jacobs wen ‘n Supa Quick koopbewys.
Cindy Muller en Caroline Louw kom eerste in die dames afdeling en wen Poetry handsakke, terwyl Bianca Smith en Dorette Steyn leer beursies wen met hul tweede plek. Yvette Victor van den Berg en Natali Espag wen Perfect 10 koopbewyse en pragtige syserpe terwyl Mellisa Pieterse en Carmen Reyneke ook syserpe wen saam met hul Cappuccinos koopbewyse.
JP Smith en Quinn Harmse wen JBL Bluetooth speakers vir hul eerste plek in die kinderafdeling. Gerhardus van Deventer wen ‘n vrieskas ter waarde van R10 000 vir sy eerste plek in die chipping afdeling en Derick Venter wen ‘n veerpyltjiebord vir die speler wie die langste dag gehad het.
0 Comments