<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Potties rugbyklub seëvier

 
Sport : 15 Aug 2016 283 Viewed By Press Release 0

MOKOPANE - Potgietersrus-rugbyklub se bestuur het Saterdag by die Kierieklapperfees ‘n reuse bydrae gemaak ter viering van Potties se oorwinning van 26-22 in die rugby eindstryd van die Boet Fick-liga.
‘n Oorstootdrie in die doodsnikke wat agter die naam van die agtsteman, Philip Fuls, geskryf staan het verseker dat Noordelikes die eerste keer in agt jaar as kampioen onttroon is.
Potties het die wendrie met ‘n oorstoot-drie behaal met drie lede van die bestuur, Wickus Visser, Renier Labuschagne en Leslie Venton in die voorry. Die drie is onder die oorverdowende toejuiging gedruk en ‘n feestelike atmosfeer het geheers.
Labuschagne is die trotse voorsitter van die Limpopo-wenners en Venton is sy adjudant.
Fuls het van die bank af begin maar ‘n groot impak gemaak en twee van Potties se vier drieë gedruk en ‘n wedstryd wat ‘n eindstryd waardig was.
Die losskakel, Jan Vorster, het een van die vier drieë gedruk en ook drie daarvan verdoel. Die vierde drie is deur die flank Deon Klein gedruk.
Spelers wat uitgeblink het is Philip Fuls met twee drieë; Deon Klein met een drie en Jan Vorster met ’n drie en drie doelskoppe.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube