<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rugby triomf vir Potties!

 
Sport : 19 Aug 2016 322 Viewed By Press Release 0

MOKOPANE - Potgietersrus Rugbyklub kook behoorlik vanjaar terwyl hulle dié seisoen teen die een na die ander span triomfeer. Só het hulle ook tydens hulle kragmeting teen die verdedigende kampioen in verlede naweek se wedstryd in Northam met 20-16 geklop en spog na dese met die Limpopo titel.
Potties het harde bene gekou om te wees waar hulle vandag uitstyg op die prestasie leer en het gesorg hulle stap met die louere weg nadat hulle die Northam Rhinos wat Waterberg liga wenners was, aangevat het.
Jan Vorster het gesorg dat beide Deon Klein en Hans du Plessis se drieë en twee strafdoele pale toe slaag.
Potties is nou oorgehaal vir Saterdag (môre) se uitspeel in die Gold Cup (die ou gemeenskap beker) en kom om15:00 te staan teen Vaal Reefs rugby klub in Klerksdorp.
“Dis die eerste keer sedert 2012 wat Potties klub buite die grense van Limpopo speel. Ons is opgewonde oor die uitdaging,” sê die klub voorsitter Renier Labuschagne.
Labuschagne het elke borg en ondersteuner bedank vir hulle ondersteuning hierdie seisoen.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube