<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Rolbaltoernooi was ’n reuse sukses

 

Die span van Groblersdal het derde geëindig in verlede naweek se Nyl Rolbaltoernooi. Hanlie Coetzee van Debtsafe vergesel hulle

Sport : 31 Aug 2016 586 Viewed 0

MOKOPANE – Die Potgietersrus Rolbalklub het verlede naweek oudergewoonte ’n suksesvolle Nyl Rolbaltoernooi aangebied. Ses en twintig spanne bestaande uit 4 spelers het aan die naweek lange toernooi deelgeneem.
Spelers wat met die louere weggestap het, is Pedri de Villiers van klub Belgravia, James Galloway ook van klub Belgravia, Pikkie Nortje van klub Naboomspruit en Sarel Kruger van klub Bellville.
Kort op die wenners se hakke in die tweede plek is spelers van klub Louis Trichardt. Hulle is Ben Groenewald, Fanie Otto, Louretto Otto en Annemarie van der Merwe. Groblersdal se rolbalklub het derde geëindig. Hulle is Elize Aschenborn, Johan du Toit, Floff du Toit en Kleintjie O’Connel.
Potgietersrus Rolbalklub is ook trots op die vyf Tukkies studente wat as deel van ’n welwillendheid taak Potties se rolbalbane opgeknap het met verfwerk.
Die klub bedank al hulle toernooi borge vir hulle puik ondersteuning.

 

 

 
 

Die Nyl Rolbaltoernooi wenners saam met Hanlie Coetzee van Debtsafe (hoof borg), Pedri de Villiers, James Galloway, Pikkie Nortje en Sarel Kruger.

Hanlie Coetzee van Debtsafe saam met Louis Trichardt se klub wat die tweede plek ingeneem het tydens die Nyl Rolbaltoernooi.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube