<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Doorndraaidam se groottes!

 
Sport : 08 Sep 2016 1116 Viewed By Amanda Basson 0

MOKOPANE – Om ‘n allemintige karp van oor die 19kg te vang sit nie in elkeen se broek nie en al meen Sallie Vermaak dat hy nie ‘n man is wie sommer met sy prestasies te koop loop nie is hy tog baie trots op die bielie van ‘n vis wat hy in Augustus by Doorndraai dam gevang het.
“Die reuse vis van 19.6kg was my persoonlike beste en my vrou, Annelize, het ook haar eerste grote van 14.4kg gevang,” vertel Sallie wie se tienjarige kleinseun, Johan Raath, op dieselfde dag ‘n karp van 16.1kg gevang het.
“Doorndraai is ‘n fantastiese plek met baie mooi, gesonde karp. Dis net jammer dat baie hengelaars verkeerde toerusting gebruik. Die dam raak dan onrusbarend besoedel met afgebreekte vislyn.”
Sallie voel dat hengelaars wie vir groot karp hengel moet sekermaak dat hul toerusting opgewasse en eties korrek is vir die groottes.
“Ek het gesien hoe hengelaars wat waarskynlik moeg is na ‘n hengel sessie net hul lyne uittrek en dit dan êrens vashaak. Hulle breek die lyne dan eenvoudige af en lang vislyne lê dan in die dam.”
“Hengelaars moet liewer bietjie geduld gebruik en die lyne met ‘n boot uithaal. Alle spesie hengelaars gebruik immers bote om lyne tot 400m diep in te vat,” verduidelik Sallie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube