<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Gholfdag gee kinderhuis ’n hupstoot

 
Sport : 21 Sep 2016 412 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Die Abraham Kriel Kinderhuis in Modimolle het verlede Donderdag gebaat by die House of Paints en Decor in Mokopane se gholfdag wat by die Kameeldoring Buiteklub gehou is.

Cecile Le Roux, ’n bemarker vir die kinderhuis het haar dank uitgespreek teenoor elke gholfspeler, Dulux (borgskap) en House of Paints en Dekor vir hulle bydrae. Sy was ook heel in haar skik toe ’n gholfspeler die R4 000 opbrengs van die dag ge-ewenaar het.

Die Van Wyks het skoonskip gemaak en as die wenners van die gholfdag uitgetree. Hulle is Wimpie van Dyk, Erika van Dyk, Wimpie van Dyk en Hannes van Wyk en het 112 punte aangeteken. In die tweede plek was Koos Meyer, George Mc Nicol en Tollie van Buuren en in die derde plek met 108 punte was Hans Human, Antoinette Human, Jan Klopper en Keith Freeman.  Human was ook naaste aan die pen op putjie 6.

Die wenners van die House of Paint en Dekor se onlangse gholfdag, Hans Human, Keith Freeman, Herman Bornman (eienaar van House of Paints en Dekor), Jan Klopper en Eddie Pophan (Dulux verteenwoordiger).

 

 

 

 
 

Die wenners van die House of Paint en Dekor se onlangse gholfdag, Hans Human, Keith Freeman, Herman Bornman (eienaar van House of Paints en Dekor), Jan Klopper en Eddie Pophan (Dulux verteenwoordiger).

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube