<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Gholfers van eie bodem kook by toernooi

 

Christo Coetzee van die gholf komitee saam met Kameeldoring se algehele gholf toernooi wenners, Debbie Bruwer en Nadine Brews.

Sport : 26 Sep 2016 592 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Die Kameeldoring Buiteklub het verlede Woensdag tot Saterdag sy 29ste gholf toernooi en musiekfees in die dorp gehou en het as ’n groot trekpleister gedien veral omdat groot name onder bekendes as gaskunstenaars oor die vier dae opgetree het.

Die Kameeldoring gholfbaan het vir vier dae lank van vroegdag tot laatmiddag gewemel met ywerige gholfspelers van oraloor. Spelers van eie bodem het egter al die groot pryse opgeraap.

Die algehele wenners van die toernooi was Nadine Brews en Debbie Bruwer van die Kameeldoring Buiteklub wat ’n totaal van 243 punte aangeteken het. In die tweede algehele plek, ook van die Kameeldoring Buiteklub met 242 punte is Mauritz Mahne en Erhardt Spies en in die derde algehele plek met 234 punte is Riaan Foord en Ruan Bester. Laasgenoemde spelers is ook plaaslik.

Die klub het elkeen, insluitende sy borgskappe bedank vir hulle ondersteuning en getuig van ’n uiters suksesvolle toernooi.

 

 

 
 

Christo Coetzee van die gholf komitee saam met Mauritz Mahne en Erhardt Spies in die algehele tweede plek van die Kameeldoring Gholftoernooi 2016.

Riaan Foord en Ruan Bester, algeheel in die derde plek van die Kameeldoring Gholf toernooi 2016. Christo Coetzee van die gholf komitee vergesel hulle.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube