-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Vyf krieketspelers van Laerskool Krugerpark het op 30 September en 1 Oktober streek 1 verteenwoordig in ’n o/11 inter-streek kriekettoernooi in Polokwane en behoorlik geseëvier as die toernooi wenners. Die krieketspelers het drie T20 wedstryde teen Polokwane streek gespeel en al drie oortuigend gewen. Die seuns wat deelgeneem het, was Erik de Bruin, DG Botes, Neville Barnard, Ruben Beytell en Hendre Botha. In die foto: Laerskool Krugerpark se kranige krieketspelers wat verlede naweek as krieket toernooi wenners gekroon is tydens ’n streek krieket toernooi in Polokwane.
0 Comments