<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Gholfspelers ondersteun liefdadigheid

 

Die wenners van die Tafelronde Kameeldoring 92 se onlangse gholfdag, Boeta Smit en Tony Hawken saam met Leslie Venton van Potgietersrus Rugbyklub en Riaan de Beer as verteenwoordiger van Tafelronde Kameeldoring 92.

Sport : 07 Oct 2016 609 Viewed By Martie Le Grange 0

Die Tafelronde Kameeldor­ing 92 in samewerking met Potgietersrus Rugbyklub het verlede gholfspelers Sater­dag die geleentheid gebied om hul spel te verbeter vir liefdadigheid. Dié gholfdag het gedien as ’n fondsinsamelingsgeleentheid vir Tafelronde en was ’n reuse-sukses.

Die wenners van die Tafelronde Kameel­doring 92 gholfdag met 56 punte was Boeta Smit en Tony Hawken. Kort op hul hakke met 55 punte was Lourens van Dyk en Erika van Dyk en in die derde plek met 54 punte vir ’n uittel was Thys Kruger Leon van der Bergh.

Naaste aan die pen op putjie 8 was Hen­ry Herman en naaste aan die pen op putjie 17 was Hendrik Coetzee.

Die organisasie het al die gholfspelers en die volgende borge bedank vir hulle onder­steuning:

Savuti Outdoor Wear Mokopane, Live Green Spa, Far North Midas, Smile Art en Net die Beste Slaghuis.

 

 

 
 

Leon van der Bergh en Thys Kruger het derde geëindig tydens die Tafelronde Kameeldoring 92 se gholfdag verlede Saterdag. By hulle, Leslie Venton van Potgietersrus Rugbyklub en Riaan de Beer as verteenwoordiger van Tafelronde Kameeldoring 92.

Erika van Dyk en Lourens van Dyk het die tweede plek ingeneem by die Tafelronde Kameeldoring 92 se onlangse gholfdag. By hulle, Leslie Venton van Potgietersrus Rugbyklub en Riaan de Beer as verteenwoordiger van Tafelronde Kameeldoring 92.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube