<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Gimnastiekklub bereik nuwe hoogtes

 

Lesedi Mashishi (12).

Sport : 14 Oct 2016 411 Viewed By Helena Raats 0

MOKOPANE – Marshall Gimnastiek Akademie (MGA) het 2016 se kompetisie seisoen op ’n hoë noot afgesluit met vyf gimnaste wat nasionaal meegeding het by die 2016 SA Gym Games in Kaapstad gedurende die Oktober skoolvakansie.
Sowat 2 800 gimnaste van regoor Suid-Africa het aan die nasionale kompetisie deelgeneem. Die vyf gimnaste van MGA, Lesedi Mashishi, Melody Raats, Lize Janse van Rensburg, Luan du Plessis and Louis Boshoff, het as deel van die Limpopo gimnastiekspan deelgeneem.
Lesedi en Melody het in hul onderskeie ouderdomsgroepe deelgeneem in die Vlak 4 vroue artistiese gimnastiek kompetisie en Lize in Vlak 5. Lesedi het ’n sesde plek verower op balk en op die dames brug. Luan en Louis het aan die mans artistiese afdeling deelgeneem. Luan het twee plekke op die top-tien verower vir Vlak 6 en Louis ’n derde plek vir sy vloer roetine op Vlak 7. Louis is ook aangewys as die Suid-Afrikaanse kampioen vir Vlak 7 spronge.
“Hierdie was ’n besonderse jaar vir die MGA,” sê hoofafrigter Richard Marshall, wat ook hierdie jaar verkies is tot die nasionale gimnastiek tegniese komitee vir die mans afdeling.
Verskeie van MGA se afrigters is ook uitgenooi om in Durban die internasionale FIG Foundations gimnastiekkursus by te woon. MGA is aanhoudend besig om afrigters se opleiding op te skerp met verdere kursusse en ons verwag ook dat die Suid-Afrikaanse Sports Konfederasie en Olimpiese Komitee (SASCOC) se assessors die klub gaan kom besoek met die oog om Richard aan te stel as een van hul provinsiale ontwikkelaars vir afrigters.
“Ons glo dat ons in 2016 veel meer vermag het as ooit te vore,” sê Richard. “Ons sien uit na wat die toekoms vir MGA inhou!”

 

 

 
 

Luan du Plessis.

Coaches and gymnasts.

Luan du Plessis.

Louis Boshoff.

Lesedi Mashishi, Melody Raats, Lize Janse van Rensburg.

Melody Raats (13).

Lize Janse van Rensburg.

Lesedi Mashishi.

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube