<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Hengelervaring van ‘n leeftyd

 
Sport : 25 Nov 2016 683 Viewed By Press Release 0

Liné Aucamp van Lephalale deel haar besondere hengel ervaring by Doorndraaidam met Noordelike Nuus se lesers.
Toe my kêrel, Corrie Vermaak, my nooi vir ’n hengel-naweek by Doorndraai Dam saam met sy pa Sallie, ’n ywerige en bobaas hengelaar, het ek gedink dit sal ’n welkome wegbreek wees voor ek met eksamen begin.
As amateur hengelaar het ek nie buitengewone verwagtinge gehad behalwe om lekker rustig te wees en te kuier nie, maar min het ek geweet wat vir my voorlê.  Ek onthou die opgewondenheid toe ons die visstok se alarm hoor skree en almal besef daar is ’n byt! Ons het na die stokke toe gehardloop en ek moes dadelik begin inkatrol.  Vir ’n meisie wat daaraan gewoond is om op vaste grond van die oewer af te vang, moes ek maar mooi my balans op die “rubber duck” hou. Aanvanklik het die weerstand van die vis heel beheerbaar gevoel, maar hoe nader ons aan die karp kom,  hoe meer het ek die krag van die vis gevoel. “Dit is ’n grootte!,” het Corrie gesê. Tog het ek nie besef watter vangs oppad is nie. In die hitte van die stryd het my arm spiere begin brand, maar met die raad en bemoediging van my mede hengelaars het ek my arm so sterk moontlik gehou en besef dié karp móét ek vang. 
Die gevoel toe ek my 17.8kg karp intrek was regtig onbeskryflik en maklik een van die lekkerste ervarings van my lewe.  Om alles te kroon, het Corrie ook ‘n grote uitgetrek. Sy karp het ‘n allemintige 14.9kg op die skaal gekreun.
 Ek is dankbaar vir die geleentheid en sal dit altyd onthou. Die dam sal my verseker weer sien!

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube