<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Mogol Rugby klop Elsburg

 
Sport : 28 Feb 2017 1149 Viewed By Press Release 0

LEPHALALE - Mogol Rugbyklub het Elsburg verlede Satermet 41-21 geklop op Edenvale se velde.

Met baie moeilike nat weer het Mogol Rugby vir Elsburg geklop 41-21 op Edenvale se velde. Drieë is gedruk deur Bertus van der Merwe, Kabelo Ndoweni, Albert Schoeman, Jean Fraser, Nills Meiring en Jaco Louw. Cameron Potgieter en Divan Clur het pale geskop.

Afrigters en spelers het vir Jean Fraser benoem as speler van die wedstryd, wat dan ook ‘n geskenkbewys ontvang het wat deur Exquisite Spa geborg is nadat hy sy welverdiende eerste drie in sy rugby loopbaan uiteindelik gedruk het.

Die Mogol Rugby bestuur wens vir Abie Elmes, Nico Fourie en Johan van Zyl sterkte toe en spoedige herstel met hulle beserings.

Die afrigters Freddie Welman en Arnold Basson is besonders trots op die spelers vir hulle uitstekende sportman gees en deursettings vermoe onder die draaglike omstandighede waarin hulle moes speel.

Die span het besonders profesioneel gelyk in hulle spandrag geborg deur Kill-a-Bug en is weereens in gemak en veiligheid vervoer deur Lowveld Bus Services.

Water vir spelers is geborg deur Oasis Water.

Baie dankie aan al ons borge, ondersteuners en spelers wat hierdie dag so Groot sukses gemaak het.

Ons sien uit na die volgende wedstryd 4 Maart teen Atteridgeville wat in Meyerton plaasvind.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube