<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Buitelug sportnaweek vir die hele gesin

 
Sport : 14 Mar 2017 879 Viewed 0

ROR Events, 'n plaaslike sportorganisasie bied Saterdag 7 April 'n bergfietswedren en pretrit vir die helle gesin aan by La Pumba Hunting Safari's net suid van Mokopane. Op Sondag, 8 April, word daar 'n veldwedloop (trail-run) op dieselfde perseel aangebied.

"Ons klassifiseer hierdie twee-dag aanbiedinge onder ons Weekend Warrior reeks en poog om 'n platvorm daar te stel vir atlete en gesinne wat nie noodwendig tyd het om elke dag van die week voluit te oefen nie," sê Paul Essakow van ROR events.

Hy verduidelik dat die fietsroetes vir die 50km en 20km bergfietswedrenne so uitgelê is dat dit 'n lekker en effe uitdagende rit bied vir almal sonder om minder ervare fietsryers te intimideer met tegniese stukke enkelspoor of uitmergelende optraendes.

Daar is ook 'n 6km rit vir die jongspan en gesinne wat saam wil ry en sommer net lekker tyd in die buitelug te spandeer. Vir die ouers wat graag die 50km of 20km wil ry, maar gewoonlik moet loodjies trek om te sien of Pappa of Mamma vandag na kleinsus kyk is daar 'n 'Kids Zone' waar kinders teen 'n klein fooi vermaak sal word terwyl verantwoordelike persone na hul veiligheid omsien. "As hulle vir die 1km pretrit ingeskryf is gaan ons toesighouers seker maak hulle neem deel en geniet dit in veiligheid." Kinders en ouers sal met ooreenstemmende armbandjies uitgereik word en slegs ouers met ooreenstemmende armbande sal toegelaat word om hul eie kinders weer na afloop van die wedren te kom haal.

Veldwedloop

Die veldwedloop Sondag beloof om ewe veel pret te wees. Daar is 'n 1km pretloop vir gesinne en vir deelnemers wat hul nuwejaarsvoornemens sommer al teen die eerste week in Januarie laat vaar het, maar nog effe atleties voel is daar 'n 3km om te draf of stap.

As jy so een of twee keer per week gaan draf en wonder of veldwedlope jou ding is kan jy vir die 6km inskryf en as jy kans sien vir 'n bietjie meer sweet kan jy vir die 15km inskryf.

"[Trail running] is besig om al hoe meer populêr te raak en ons hoop om al hoe meer geleenthede te skep vir naweekatlete wat nie noodwendig aspireer tot nasionale kleure nie, maar tog geniet om aan wedrenne deel te neem," sê Paul.

Vir meer inligting om in te skryf besoek www.rorevents.co.za

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube