-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Vrydagoggend 30 September, net voor die Werêldbeker Rugby tussen die Springbokke en Samoa, het Theuns Jonker en Roche Crafford (beter bekend as Wors) besluit Potjiekos loop mos hand-aan-hand met rugby. Sonder om twee keer te dink waar hulle die potte gaan voorberei is besluit nêrens anders as hul gunsteling kuierplek – Le Café Des Sport! Met ‘n gasbraaier, twee boepenspotte, somige bestanddele geborg deur Le Café en die kuierplek se bestuurder, Charold Gerber, wat rys gekook het, het die manne heerlike gemende bees en skaap asook ‘n kerrie-hoender potjie aanmekaar geslaan.
Dis die eerste keer in die kuierplek se geskiedenis dat daar potjiekos op gasbraaiers binne die kroeg gemaak is deur ondersteuners.
Onthou Izak Davel tree Vrydag 7 Oktober op, sien advertensie op bl3.
0 Comments