<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Boeregholfdag was 'n reuse sukses

 
Die wenspan van Joe Spies Arbeidskontrakteurs wat die Potgietersrus DLU gholfdag gewen het.
Sport : 14 Oct 2011 356 Viewed By Jasper Raats 0

Die Potgietersrus DLU se gholfdag by Mokopane se Kameeldoring buiteklub was een van die bes georganiseerde en lekkerste gholfdae hierdie jaar – so het spelers verlede week na afloop van die dag gesels.
Die dag se wenners was die span van Joe Spies Arbeidskontrakteurs bestaande uit: W. Welgemoed, D. Bruwer, S. Bruwer en G. Fou. Hardus Prinsloo se span was twede en die span van Naboom Bande het derde geëindig.
Natasha Britzz was naaste aan die pen op putjie no. 3, Gerrit fouché op puntjie no. 6, C Swarts op putjie no. 13 en Dries van der Merwe op putjie no 17.
In ‘n ligter luim het Santam Agri se span die toekenning vir die meeste gholf gespeel.
Potgietersrus DLU bedank die volgende borge wat die dag moontlik gemaak het: Frans Fourie Professionele Rekenmeesters, Santam Agri, Vleissentraal, Santam Batebestuur, NTK Landmark, Limpopo Red Meat Traders, Supa Quick Naboomspruit, Inspectacar, Novon, Bonus Motors, André Pienaar, Spif Hoenders, Pfizer, La Pumba Safari’s, Renco, Brandhouse, Obaro Potgietersrus, P & J Ondernemings, Jan Pap, Platdoorns Boerdery, TTS Agri, Shave Paint en die borge van die vleispryse: Meat City, Waltkon, Klipspringer Vleismark en Rainbow Slaghuis.

 

 

 

 
 

Die wenspan van Joe Spies Arbeidskontrakteurs wat die Potgietersrus DLU gholfdag gewen het.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube