-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Twee spanne, een meisies en een seunsspan gekies uit spelers van regoor Limpopo het van 1-10 Oktober na Nederland getoer. Beide spanne het 7 wedstryde in 4 dae gespeel.
Die gul-en-gasvryheid van die hokkieklubs en skole was voorwaar inspirerend, sê Celia Ebersöhn wat die toer gereël het. “Dit is ongelooflik watter hokkie-kultuur daar in Nederland bestaan. Jy kan vanaf 5-jarige ouderdom tot en met 60 jaar aktief vir ‘n klub speel. Klubs het elk tussen twee en vier Astro-bane en elke dorp het tussen vier en agt klubs!,” vertel sy.
Van Nederlandse kultuur het die Suid-Afrikaners in oorvloed beleef van Amsterdam se miernesstrate vol trems, voetgangers, fietse, voertuie, busse – elk op hul eie spoortjies tot Rotterdam en Haarlem. Die hokkiespelers het fiets gery in die Europese herfsreën, ham-en-kaas broodjies en Flaamse frite met mayonaise geëet.
Bo: Hier is die Mogol Hokkie seunsspan saam met HC Athena na afloop van die wedstryd.
Links: Die Mogol Hokkie Meisies span saam met HC Athena.
0 Comments