Searching for "" in "Sport"

 

Mokopane’s soccer boys take top honours

Sport: 22 May 2014 By Jasper Raats
Mokopane Primary School hosted its annual big soccer tournament for schools in the district on Saturday. With seven schools to compete against the local u/12 boys showed their mettle by emerging as overall winners of the day. Here they are with their coach, Abner Maubane. Tshegofatso Bonoko was the top goal scorer among all the u/12 teams and for their age group, Thabang Mashilo was the player of the tournament.

Rassies vaar goed teen Potties

Sport: 22 May 2014 By NoordNuus reporter
Ellisras Hoërskool se wintersport spanne moes Saterdag vroegoggend in die pad val vir ‘n vriendskaplike sportdag teen Hoërskool Piet Potgieter.

Gymnasts ready for competition-season

Sport: 15 May 2014 By Jasper Raats
Thirty seven gymnasts from Mokopane Gymnastics Club qualified for the club’s competition team during the annual club competition last week. The team comprises 13 women’s artistic gymnasts, 23 young men and one rhythmic gymnast. These gymnasts will stand a chance to represent their club at the Limpopo championships later this year. “Gold medals are not made of metal, they are made of an alloy formed by sweat, blood and a hard-to-come-by ingredient called determination,” coach Richard Marshall commented on the performance of the gymnasts last week. He is confident of a good competition-season for the club. “2014 here we come!”

Lephalale danser presteer in Europa

Sport: 15 May 2014 By Valerie Cilliers
Rachelle Pretorius, ‘n leerder by Hardekool Akademie in Lephalale was een van net 30 Suid-Afrikaners wat onlangs deelgeneem het aan 2014 European Championships in Barcelona, Spanje.

Krugerpark se klein raakpraters

Sport: 08 May 2014 By Jasper Raats
Zia Boltman, Jurinda van Schalkwyk en Feliciano Diaz van Laerskool Krugerpark het onlangs deurgedring na die ATKV redenaarskompetisie se semi-finaal. Hulle gaan nou hul kragte teen die provinsie se beste meet tydens die volgende rondte wat op 30 Mei in Polokwane plaasvind.

Waterberg rakes in the medals

Sport: 08 May 2014 By Jasper Raats
Athletes from Waterberg FET College in Mokopane brought home six medals from the recent national track and field championship hosted by College Sports South Africa (COSSA) at the Chatsworth Stadium in Durban. Some of Waterberg FET’s medal winners were from left: DS Lamoela - shotput (bronze), RF Seaba - high jump (silver) and TM Kekana - 5000m and 1500m (gold). ML Sakong received gold for javelin.

Puik uitslae vir danseres

Sport: 08 May 2014 By Jasper Raats
Op 24 April het Neléah Bergh van Z’s Dance Studio haar disco eksamen afgelê en ‘n puik punt behaal. Neléah het 91% vir haar Disco vlak 1 eksamen gekry.

Morné bring silwer uit Afrika

Sport: 08 May 2014 By Jasper Raats
Morné van der Bank van Hoërskool Piet Potgieter het die afgelope skoolvakansie in Uganda aan die Afrika Swem Assosiasie se swem kampioenskappe gaan deelneem. Die kampioenskappe is in Kampala aangebied waar Morné ‘n silwer medalje in die 100m rugslag verower het en twee vierde plekke in die 50m en 200m rugslag behaal het.

Marie klop SA se bestes

Sport: 08 May 2014 By Jasper Raats
Marie Oosthuizen van die Mokopane Stoeiklub het verlede naweek in Kaapstad goud gaan haal toe sy aan die Suid-Afrikaanse Presidente Stoeikampioenskappe gaan deelneem het. “By die Presidente speel ouderdom geen rol nie en stoei mens net op gewig,” het haar trotse pa, Bertus, hierdie week verduidelik. Met vier stoeiers in haar gewigsafdeling het Marie sommer gou met twee van haar opponente afgereken al was sy die enigste een van die vier wat nog nie haar Proteakleure het nie. Sy het die een geveg met ‘n val gewen en toe klop sy sowaar die Afrika-kampioen met tegniese superioriteit - die skeidsregter het die geveg gestop omdat die ander stoeier eenvoudig nie ‘n kans gestaan het nie.

Beat the bank-fishing blues

Sport: 01 May 2014 By Christie Thomas
Stalk your prey! Wear neutral coloured clothing that will blend in with the surrounding environment. Camo works well. Avoid bright colours!

Rachelle dans in Spanje

Sport: 25 April 2014 By Valerie Cilliers
Hardekool Akademie in Ellisras se Rachelle Pretorius het verlede Woensdag vertrek na Barcelona in Spanje, om aan die International Fine Arts Association (IFAA) kompetisie in die kontemporêre dans afdeling deel te neem. Sy het Woensdag weer in die land aangekom.

Krugies gee hul alles

Sport: 25 April 2014 By Jasper Raats
Laerskool Krugerpark se leerders het onlangs aan die Super 8 wintersport toernooi in Polokwane deelgeneem. Die Krugies het hulle sommer baie goed van hul taak gekwyt deur algeheel vierde te eindig.

Dans! Dans! Dans!

Sport: 25 April 2014 By Jasper Raats
Op Saterdag 12  April het hierdie leerders van Z's Dance Studio aan hul Disco eksamen deelgeneem en het die volgende punte ontvang - agter van Links:  Lara Forssman - Level 5 (87%), Monique Smit - Level 4 (95%), Theressa Oosthuizen - Level 3 (96%). Middel van Links: Juanita Bekker - Level 3 (93%), Lené Kruger - Level 1 (90%), Soné Kapp - Level 1 (84%), Doreen Heslop - Level 3 (90%), Nicael de Sousa - Level 4 (96%). Onder van Links: Loren Fortune - Level 2 (92%), Dayne Brews - Level 2 (87%), Annemieke van Niekerk - Level 2 (83%), Mc Kayla Bodenstein - Level 3 (84%), René Buitendag - Level 3 (85%). Vir meer inligting skakel Zané de Wet – 084 450 5338.

Penkop pionne speel soos konings

Sport: 25 April 2014 By Jasper Raats
Hier is Laerskool Krugerpark se skaakkonings. Hierdie klomp het onlangs aan die Limpopo Junior Skaaktoernooi in Polokwane deelgeneem - hierdie toernooi is ‘n voorloper vir die Limpopo kampioenskappe. Die Krugies het sommer baie goed gevaar, veral as in gedagte gehou word dat meeste van hierdie spelers eintlik jonger as hul opponente is - hulle val byna almal in die onderste gedeelte van hul onderskeie skaak- ouderdomsgroepe. Hulle is van links agter: Altus van der Merwe, Wilco Smit, Waldo Rossow en Janus Greyling. In die middel is: Aldrich Rossow, Waldo Greyling, Marco Ferreira, Garry Knight en Reyno Greyling. Voor is Riaan Moolman.

Lephalale hokkie kook!

Sport: 25 April 2014 By NoordNuus reporter
Die Lephalale vroue-hokkie-spanne het verlede Saterdag deelgeneem aan ‘n vriendskaplike toernooi in Polokwane. Dorpspanne van Lephalale, Tzaneen, Hoedspruit, Levubu en Polokwane het die liga afgeskop en op die dag elk drie wedstryde gespeel. Albei die Lephalale-spanne het in die sewe-‘n-kant wedstryde baie goed gevaar. Die spanne bedank graag Overland Drankwinkel vir die water wat hulle geborg het. Die volgende wedstryde sal in Mei plaasvind en alle hokkiespelers, mans en vrouens, word genooi om Dinsdae en Donderdae saam te oefen. Oefeninge is 17:00 op Ellisras Hoërskool se velde.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube