Searching for "" in "Sport"

 

Tweede plek vir TUKS Limpopo swemmers

Sport: 28 August 2014 By NoordNuus reporter
Limpopo se swemspan het algeheel tweede geëindig, na Noord-Wes, gedurende die naweek se SA Klein Inter-Provinsiale Gala wat gehou is by St Benedict’s College in Bedfordview, Johannesburg. 11 TUKS Limpopo swemmers van swemafrigter, Awie Hattingh, het Limpopo verteenwoordig en 14 individuele medaljes huis toe gebring. Medaljewenners was: Miral Honiball (drie silwer), Morne van der Bank (twee silwer, een brons), Anel de Vos (een silwer, een brons), Carel Smit (een silwer, een bors), Franco Botha (een silwer, een brons) en Bernice Laboff (een silwer, een brons). Swemmers kon elk net in twee items en Individuele Wisselslag deelneem. Provinsies wat aan die gala deelgeneem het was: Noord-wes, Limpopo, Mpumalanga, Oos-Gauteng, Noord-Vrystaat en Sedibeng Aquatics. In die aflosse het die spanne van Limpopo drie goud, vier silwer en twee brons medaljes gewen. Die Limpopo seuns en dogtersspanne het ook algeheel tweede in hul onderskeie afdelings geëindig.

EHS is Beeld trofee wenners!

Sport: 28 August 2014 By Fransa de Beer
Vir die eerste keer sedert die Beeldtrofee se ontstaan wen 'n span van Ellisras Hoërskool (EHS) hierdie gesogte trofee. EHS het die beste o/16 span vir medium skole in vier en ‘n half provinsies - Mpumalanga, Noord-Wes, Limpopo, Gauteng en ‘n gedeelte van die Vrystaat.

Goud vir Lephalale swemmers

Sport: 28 August 2014 By Mariska Ehlers
Ellisras Aquatics het baie goed gevaar by die Interprovinsiale Swemgala by Bedfordview in Germiston Saterdag. Die Limpopo-span het tweede gekom teen Mpumalanga, Noord-Wes, Oos- Gauteng, Noord-Vrystaat en Sedibeng Provinsie. Lephalale swemklub se swemmers het besonders goed gevaar met groot uitblinkers soos Dario Geyser wat goud, silver en twee brons medaljes losgeswem het. GJ Roets het goud en Cherise Mans silwer in die aflos.  Die ander swemmers wat puik gevaar het was Marusca Geyser, Fred Pistorius, HJ Pienaar, Franco Troskie en Dries du Preez.  Die klub is baie trots op hierdie groep swemmers wat Limpopo verteenwoordig het.  Hulle bedank die afrigter Darren Watkins en die swemmers se ouers wat so getrou die kinders ondersteun.

Piet Pot trap weer saam

Sport: 22 August 2014 By Martie Le Grange
Hoërskool Piet Potgieter het vanjaar sy tweede Tour de Pot op 14 Augustus aangebied waaraan geesdriftige fietsryers van die hele Mokopane en omstreke deelgeneem het. estap.

Lephalale se Limpopo span swemmers

Sport: 22 August 2014 By NoordNuus reporter
Agt swemmers van die Ellisras Aquatics Swemskool in Lephalale is gekies om Saterdag Limpopo te verteenwoordig by die Inter-Provinsiale swemgala. Die span is saamgestel deur die beste twee swemmers in Limpopo in elke item. Van links agter is Marucha Geyser, Cherise Mans, Dario Geyser en Dries du Preez. Voor is Fred Pistorius, HJ Pienaar, Franco Troskie en GJ Roets.

Kranige sportman blink uit

Sport: 22 August 2014 By Martie Le Grange
Johnty Darvall van Hoërskool Piet Potgieter is nie net ‘n kranige gholf- en krieketspeler nie. Hy is ook bedrywig op die ringbalbaan en is onlangs gekies om die Ringbal Suid-Afrika, seuns o/15 span te verteenwoordig.

Mokopane swemmers vir Limpopo's

Sport: 22 August 2014 By Martie Le Grange
Elf swemmers van die Tuks Mokopane Swemklub is onlangs gekies vir die Limpopo Inter-Provinsiale span wat op 23 Augustus by St. Benedicts College aan die SA Inter-Provinsiale gala gaan deelneem. Hulle is van links agter: Carel Smit (13), Miral Honiball (16), Morné van der Bank (15) en Anél de Vos (16). Voor: Franco Botha (12), Dandré Grové (14) en Johan Coetzer (13). Afwesig: Jeanri Collins (11), Bernice Laboff (11), Hann Geerkens (10) en Kurt Kruger. Die klub is ook by TUKS Limpopo geaffilieer.

Dis eindstryd toe vir EHS!

Sport: 22 August 2014 By Fransa de Beer
Ellisras Hoërskool (EHS) het twee spanne wat eerskomende Saterdag in Mookgophong deelneem aan die finaal van die Beeld trofee medium skole rugbytoernooi. Dit is die eerste keer sedert die ontstaan van die skool in 1963 wat EHS twee spanne in die eindstryd het.

Swartwater Gimnastiekklub skitter weer!

Sport: 22 August 2014 By NoordNuus reporter
Met die Limpopo kampioenskappe gehou in Polokwane op 8 en 9 Augustus het Swartwater Gimnastiekklub weereens bewys van watter stoffasie plaaskinders gemaak is. Hul het uitgestaan in hul rooi, blou en wit leotards en hul afrigters, Yolande Vos en Lynnie Roux, is baie trots op elke gimnas.

Barry Hilton vermaak by Gholfdag

Sport: 16 August 2014 By Valerie Cilliers
Met meer as 130 inskrywings het @Sold Eiendomme Saterdag ‘n suksesvolle Gholfdag in Lephalale aangebied.

Beeldtrofee halfeindstryd hier kom EHS!

Sport: 16 August 2014 By Fransa de Beer
Hoërskool Ellisras se rugbyspanne het Saterdag die besoekers, Hoërskool Brandwag van Benoni, behoorlik gewys waar Dawid die wortels begrawe het met 'n oorwinning van 41-5! EHS se o/14 span het pragtige hardloop rugby gespeel en die toeskouers gaande gehad. Hoërskool Brandwag het geen raad gehad vir al die Rassie-puntemakers nie.

Bossies se eerste Boogskietkompetisie

Sport: 16 August 2014 By Valerie Cilliers
Laerskool Bosveld Primary het Saterdag hulle eerste Boogskietkompetisie by die skool aangebied. Saam met die Bossies het Lephalale Primary en Waterberg Academy ook aan die kompetisie deelgeneem. Ten spyte van winderige omstandighede het al die leerders puik gevaar by Saterdag se kompetisie.

MGC girls shine at Limpopo's

Sport: 16 August 2014 By Helena Raats
Hard work and lots of practice paid off for six girls from the Mokopane Gymnastics Club (MGC) who was included in the Limpopo Gymnastics team this past weekend.

Groot medalje oes vir swemmers

Sport: 16 August 2014 By NoordNuus reporter
TUKS Limpopo Swemklub (wat insluit geaffilieërde swemmers van Mokopane, Marble Hall en Groblersdal) het Saterdag, 9 Augustus ‘n Remax Sprint Gala op Bela Bela aangebied.

Swartwater se gimnaste is tops!

Sport: 07 August 2014 By Helena Raats
Die Swartwater Gimnastiekklub het einde Julie aan die Tswane School of Gymnastics kompetisie in Pretoria gaan deelneem. Die uitslae het weereens bewys dat ‘n klein klub met beperkte fasiliteite deur harde werk, deursettingsvermoë en talent die hoogste sport kan bereik.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube