From: 22 November 2023
Die Soutpansberg Dorpswag hou op Woensdag, 22 November, hulle algemene jaarvergadering waartydens ‘n nuwe bestuur ondermeer verkies sal word.
Alhoewel lede van die publiek welkom is om die vergadering by te woon, kan slegs lede tydens die vergadering stem. Die vergadering begin om 18:00 by die Louis Trichardt Rolbalklub se saal.