Searching for "" in "Sport"

 

Limpopo’s little soccer champs

Sport: 12 June 2014 By Jasper Raats
Both Mokopane Primary’s u/12 and u/11 soccer teams emerged as winners of the Limpopo Primary Soccer Association’s soccer league after they defeated tey both defeated all 14 the other teams in their circuit. Here are the u/12’s who won their final match on their home field last Thursday. With them is their coach, Abner Maubane.

Rassies wen oortuigend teen Warmbad

Sport: 12 June 2014 By Fransa de Beer
Saterdag 7 Junie het Ellisras Hoërskool op sy tuisvelde met Hoërskool Warmbad afgereken. Al die Rassies se rugbyspanne het gewen.

Bossies en Rassies meet kragte

Sport: 12 June 2014 By Valerie Cilliers
Laerskool Ellisras en Laerskool Bosveld Primary het verlede Donderdag by Laerskool Ellisrsas mekaar in ‘n vriendskaplike toernooi die stryd aangesê. Hier in aksie is die die 0/9 spannetjies wat albei puik rugby gespeel het. Dit was uiteindelik Ellisras wat geseëvier het. Die skole se tweede spanne het ook hulle harte uitgespeel, maar dit was die Bossies wat uiteindelik die wedstryd gewen het.

Bossies skiet soos Robin-hulle

Sport: 12 June 2014 By Valerie Cilliers
Saterdag, 7 Junie het 29 van Laerskool Bosveld Primary se boogskutters aan ‘n NASP interskole kompetisie by Waterberg Academy in Vaalwater deelgeneem. Die Bossies het vir niks teruggestaan nie en het puik reusultate behaal. Steven Verwey, FA Kemp en Diehann Pretorius het die eerste 3 plekke behaal in die afdeling vir junior seuns. Die skool het ook ‘n algehele tweede plek op die kompetisie behaal.

Gimnaste palm medaljes in

Sport: 12 June 2014 By NoordNuus reporter
Gimnaste van Rhythmic Elegance in Mokopane het onlangs by die Matsport Centre in Centurion gekompeteer en het vyf silwer en ses brons medaljes huis toe gebring. Hier onder is die vlak 1 gimnaste wat deelgeneem het van links: Aobakwe Maota, Emily Edkins, Jessica Edkins, Lerato Bontsi, Dane Schamrel, Caitlin Jacobs, Princess Monyelo, Rese Mogwera, Mckayla Potgieter, Leigh van Staden, afrigter - Emien Landman, Riane du Plessis, Michell Reeves en Zenita Foss.

Cold water tactics

Sport: 05 June 2014 By Christie Thomas
Just because the weather and the water is getting colder by the day, it does not mean that we have to pack up our fishing gear for the winter. There is still a lot of fun to be had out on the cold water. Largemouth bass can be very temperamental when it comes to water temperature and tend to sulk when it gets too cold. Smallmouth bass are more tolerant to colder water and will be a lot more active than largemouth bass when the water temperature drops.

Die o/11’s druk deur

Sport: 05 June 2014 By Valerie Cilliers
Die netbaldogters van Laerskool Bosveld Primary het die afgelope naweek aan die Streek- kampioenskappe deelgeneem te Laerskool Thabazimbi. Al die dogters het ongelooflik goed gevaar, maar ongelukkig is daar net een span wat deurgedring het na die provinsiale kampioenskappe. Die o/11 A-span en hul afrigters, D. Schutte en M. Fleetwood, vertrek op Vrydag, 6 Junie na Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen. Hulle gaan Laerskool Bosveld Primary se naam hoog hou teen al die ander groot skole. - Duné Schutte

Goeie netbaljaar vir Piet Pot

Sport: 05 June 2014 By Jasper Raats
Die meeste van Hoërskool Piet Potgieter se netbalspanne het die seisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit toe hulle die naweek aan die Waterberg Distriksliga-dag op Thabazimbi deelgeneem het. Vir die o/14 A-span is dit nog nie verby nie. Hulle het as wenners uit die stryd getree en die o/18B-span as naaswenners.Die Eerste-span en o/15 A’s het ook in die semi-finale gespeel. Die o/14’s gaan Saterdag aan die Limpopo Kampioenskappe by Ben Vorster deelneem.

Stoeiers vaar goed by Limpopo ope

Sport: 29 May 2014 By Jasper Raats
Hierdie stoeiers van Mokopane Stoeiklub het verlede naweek baie goed gevaar toe hulle aan die Limpopo ope stoeikampioenskappe by Menlopark in Pretoria gaan deelneem het. Hulle is Jan-Jansen van Vuuren, Janneman Benson, Pieter Jordaan, Rally Somo - silwer, Jaun-Jacques van der Westhuizen en Jenny-Lee Malan - goud. JP Malan moes ongelukkig uit die toernooi onttrek as gevolg van ‘n besering.

Waterberg u/16s are cluster champs

Sport: 29 May 2014 By Jasper Raats
Waterberg High School’s u/16 soccer team won the cluster’s tournament after they defeated Madikana 4 - 1 and Ebeneser 2 - 1 at the recent metropolitan match in Moshate. They will have to defend their win at the district tournament which will be hosted in Bakenberg on Saturday. With them are their coaches, Gavin Magagane and James Nkuna.

Krugies vir Limpopo

Sport: 29 May 2014 By Jasper Raats
Laerskool Krugerpark se kinders het goed presteer by die onderskeie Limpopo sport gebeure die afgelope week.

Rassies kookwater teen Nylies

Sport: 29 May 2014 By Fransa de Beer
Hoërskool Ellisras het Vrydag 23 Mei 'n sportdag op tuis grond aangebied teen Hoërskool Nylstroom. Die Rassies se rugby is kookwater! 0/16 seuns wen 76-0.

Krag waar is jou einde?

Sport: 29 May 2014 By Valerie Cilliers
Die spiere het behoorlik gebult by Saterdag se sterkmankompetisie wat deur ManDirk en die Mogolklub op die klubgronde aangebied is. Tydens die sterkmanvertoning het Tristen O’Brien en Kelin Mills, Suid-Afrika se nommer een en twee senior sterkman oor 105kg die gehoor na hulle asems laat snak.

Karatekas presteer

Sport: 29 May 2014 By NoordNuus reporter
Links: Luan Mahoney het verlede Saterdag Lephalale se naam hoog gehou toe hy ‘n bronsmedalje vir Kata tydens die Kimura Shukokai Internasionaal (KSI) Noordstreek karate kampioenskappe by die Johannesburg Universiteit verower het. Luan beoefen al sedert 2012 karate by die Mogolklub. Hier is hy saam met sy afrigter, Sensei Anneline Janse van Vuuren. Oefeninge vind Dinsdae en Donderdae plaas in die Dojo by die Mogolklub. Vir meer inligting skakel gerus vir Anneline by sel: 073 170 6269.

Karate kinders vat nie nonsens nie!

Sport: 29 May 2014 By Jasper Raats
Regs: Hierdie karatekas van die Shukokai karateklub in Mokopane het verlede Saterdag aan die Suid-Afrikaanse Noordstreek karate kampioenskappe in Gauteng gaan deelneem. Fralize van der Hoven het ‘n goue medalje verwerf, Pietie Vogel het silwer gekry en Deville Erasmus het brons verwerf. Saam met hulle is hul Sensei, Nalita Gouveia. Hulle oefen Dinsdae en Donderdae by die Methodiste kerk. Bel gerus vir Nalita by sel: 083 662 5098.
 
 
 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube