Alles moontlik gedoen om Scott te vind
ZIMBABWE - Alles denkbaar word gedoen om Scott van Zyl, die 44-jarige professionele jagter van Marken, wat Vrydagmiddag vermis geraak het in Zimbabwe, te vind. ‘n Video wat tans op Facebook versprei word wys word hoe ‘n pamflet met ‘n $5 000 beloning uit ‘n helikopter op ’n klein afgeleë nedersetting gegooi word, in 'n desperate poging om Van Zyl op te spoor.