Sportster Tersia doen dit weer!
Tersia Smit (58), wat verlede jaar met ‘n goue medalje en wêreldrekord agter haar naam van die Wêreld Oorplanting Spele in Durban teruggekeer het, het aan die onlangse Nasionale Oorplanting Spele in Stellenbosch deelgeneem en vir die nasionale span gekwalifiseer in die 50m Borsslag, Rugslag en Kruipslag.